Wednesday, 5 October 2011

Lieflike Nieu-Bethesda

As jy bevoorreg genoeg is, moet jy Nieu-Bethesda besoek voor jy die emmer skop. Die klein Karoo dorpie met soveel potensiaal, liefde, skoonheid en kuns.


Nieu-Bethesda is die bekendste vir sy magiese Uilhuis wat gepaart gaan met die baie interessante maar tog tragiese storie van Helen Martins, gebore 23 Desember 1897. n Vrou met n groot talent, maar vermoedelik ook groot probleme. Die dorpsmense het haar gesien as n vreemde tannie wat haar tuin en huis transformeer. Mense het neergekyk na haar kuns en dit agterdogtig gevind, want sy het dit versier met volksvreemde materiaal soos glasbottels, sement, draad en gebreekte glasstukkies.

Alhoewel Helen mense vermy het, het sy eenkeer 'n jaar, gedurende Kersfees, haar huis oopgemaak aan die publiek. Sy het aangesteekde kerse ooral in haar huis gesit wat die mooiste lig gemaak het teen die spieels en gebreekte glasstukkies. Ek kan my net indink hoe dit moes voel om in haar huis te staan. Asof jy in 'n ander wereld is....

Helens se oogsig het begin vererger elke maand weens al die klein stukkies glas wat daarin geval het terwyl sy besig was met haar kuns. Die idee van blindword en nie meer haar kuns te doen nie, was onaanvaarbaar vir haar, dus het sy haar lewe geneem in die jaar 1976. Sy het 'n mengsel van  "caustic soda", glasstukkies en olyf olie gedrink. Mens kan net dink hoe baie dit in jou moet neem om so iets te moet sluk. Ek dink dit bewys aan ons watter goeie kunstenaar sy was en haar liefde vir kuns was baie groot.


Ingang van die Uilhuis in Nieu-Bethesda


Sement standbeelde in die tuin van Helen Martins.

Sement standbeeld bedek met gebreekte glas, dis sulke kunswerk wat die mense laat dink het sy is vreemd.

Die hele huis se mure en plafonne is bedek met klein, fyn gebreekte glasstukkies.

Saam met die Uilhuis het Nieu-Bethsda wonderlike plekkies om te besoek. Daar is n bierbrouery wat ook tuisgemaakte kaasborde aanbied, kunsgallerye en pragtige restaurantjies en gastehuise met die vriendlikste personeel.

Tuisgemaakte bier en kaas                                            






Kunsgallery / Restaurant

Agter is die mooiste klein kerkie in Nieu-Bethesda. Hierdie kaktusse kry die mooiste wit blommetjies op hulle net voor daar reen oppad is.

Add caption

Nieu-Bethesda is pragtig in al die seisoene. Wintersneeu, Herfsblare, Somersonne en Lenteblomme. Die klein dorpie maak jou hart rustig en jou brein stil. Jy kan die towerkuns van hierdie dorp aanvoel.

Ek sal enige persoon aanraai om hierheen te kom vir n wegbreek naweek.